Natural Woman is ‘n gelaaide vertoning en ‘n viering van alle vroue wat die musiekwêreld oor dekades heen oorheers het. Duck Chowles van The Barnyard Theatre Productions is die regisseur en die speelvak is ‘n volle 12 weke (17 Februarie – 16 Mei.)
Natural Woman handel oor die geskiedenis van vroue in moderne musiek en die veelsydige spelers neem gehore op ‘n kragtoer van musiek wat wissel van opera en klassieke musiek (Carmina Burana) tot rock en popmusiek (The Supremes, Tina Turner, Abba, Alanis Morisette, Anastasia, Shania Twain, Sarah Brightman en vele meer.) Sangeresse sluit in Ramaine Barreiro (Suid-Afrika se eie Tina Turner), Celeste Ribeiro (onlangs te sien in Roll Over Beethoven), Petra De Villiers (Idols-deelnemer) en Tarryn Leek. Hierdie dinamiese vier sorg vir groot vermaak met nommers soos Tina Turners se “Proud Mary”, Nina Simone se “My Baby Just Cares for Me” en Sarah Brightman se bekende “Time to Say Goodbye”.
Die ses stuk orkes bestaan uit Elena Zlatkova-Purchase (viool), Judy Brown (saksofoon, klarinet en perkussie), Connie Bentlage (klawerbord en saksofoon), Johan Liebenberg (kitaar, vocals) en Alan Lloyd (dromme.)
bydrae: Haydee Hollander
