Elton John: Greatest Hits 1970-2002

Die stel van 2 CD’s, Elton John: Greatest Hits 1970-2002 is die enigste versameling van sy treffers wat sy hele loopbaan dek. Die album is pas uitgereik en spog met 34 digitaal vervolmaak, insluitende elke Top 10 treffer uit die pen van Elton John, al 22 van hulle, nege nommer eens. Dit is op hierdie stadium nog nie bekend of Suid-Afrikaners so gelukkig gaan wees om sy 2003 Greatest Hits Tour te sien nie.

Met meer as twee en ‘n halwe ure van klassieke Elton John treffers begin Greatest Hits 1970-2002 by die 70’s se “Your Song”, sy eerste Top 10-suksesstorie, en eindig met die nuutste, “This Train Don’t Stop There Anymore”. ‘n Spesiale cd wat waarde toevoeg tot die versameling se eerste druk sluit 4 bonusliedjies in: ‘n lewendige opname van 1987 se Top 10 weergawe van “Candle In The Wind”, die nommer een “Don’t Let The Sun Go Down On Me” saam met George Michael, “Live Like Horse” saam met Luciano Pavarotti en “Your Song” saam met Alessandro Safina. Die CD-versameling bevat ook ‘n opstel, woorde van die liedjies en foto’s van die kunstenaar.

In 1992 het Elton John Elvis Presley se rekord gebreuk vir die kunstenaar met die meeste opeenvolgende jare waarin die spesifieke kunstenaar ‘n Top 40 Pop-treffer. Hy het die rekord in 1999 op 30 te staan gebring. Ongelukkig kon hy nie daarin slaag om in 2000 ‘n wenner te skryf nie. Die #1s op Greatest Hits 1970-2002 is: “Crocodile Rock”, “Bennie And The Jets”, “Philadelphia Freedom”, “Island Girl”, “Don’t Go Breaking My Heart” met Kiki Dee en “Something About The Way You Look Tonight”.

Die ander Top 10’s is “Your Song”, “Rocket Man”, “Honky Cat”, “Goodbye Yellow Brick Road”, “Daniel”, “Don’t Let The Sun Go Down On Me”, “The Bitch Is Back”, “Someone Saved My Life Tonight” en “Sorry Seems To Be The Hardest Word” van die 70s; “Little Jeannie”, “I Guess That’s Why They Call It The Blues”, “Sad Songs (Say So Much)”, “Nikita” en “I Don’t Wanna Go On With You Like That” uit die 80s en “The One” en “Can You Feel The Love Tonight” (uit die fliek The Lion King) uit die 90s. Die mees onlangse opnames is “I Want Love” en “This Train Don’t Stop There Anymore”, beide Top 10s uit 2001 se Songs From The West Coast.

Die oorblywende “Levon”, “Saturday Night’s Alright For Fighting”, “I’m Still Standing”, “Sacrifice”, “Circle Of Life” (uit die fliek The Lion King), “Believe”, “Blessed” en “Written In The Stars”, met LeAnn Rimes uit die musiekblyspel Aida, was almal in die Top 40. Die oorspronklike opname van “Candle In The Wind” is ook op die album ingesluit.

Elton John Greatest Hits 1970-2002 is, eenvoudig gestel, meer as 30 jaar van die beste popliedjies wat ooit opgeneem is.

Lewer kommentaar

Leave a Reply