Engele om ons

 

Engele Om Ons is Steve Hofmeyr se 14de CD in sy blink musiekloopbaan en sy eerste ateljee-album in drie jaar. Van sy vorige CD Beatutiful Noise is meer as 75 000 eenhede verkoop.

Sy jongste aanbieding sluit sy weergawe in van die Joe Cocker-treffer “When the Night Comes” wat in Afrikaans vertaal is en nou “Wie Sal?” heet, sowel as die Stef Bos-treffer “Papa” en Bryan Adams se “Summer Of ’69”. Steve sê dis sy beste cCD nog en die tema van engele is oral op die album te bespeur. Hy sê mens soek na die engel, maar jy kry net die veer.

Engele om ons-gaskunstenaars op die CD is Luv U So op “How ‘Bout I Let You Go” en Wonderboom op “Wordworth’s Dream”.

Engele Om Ons is opgedra aan die ongebore seun wat hy en sy vrou, die Egoli-aktrise Natasha Sutherland op 4 Desember verwag.

Lewer kommentaar

Leave a Reply