Dis min dat iemand nog nie eers ‘n tiener is nie, kenners gaande het. Maar dit is wat met die 12-jarige Suzanne gebeur het.
Met haar eerste CD, On Top of the World, wen sy harte, op Noot vir Noot wys sy weer haar geesdrif en haar tweede CD, Forever Young, sê dit alles.
Na haar Noot vir Noot-optrede is sy bespreek vir 40 openbare optredes, maar sy sê haar ma sorg dat sy nie haar skoolwerk en eksamens afskeep nie.
Mense wat talent ken sê Suzanne is ‘n gebore kunstenaar en soos ‘n vis in die water in die vermaaklikheidbedryf. Op Forever Young sing sy treffers soos die titelsnit, die gewilde “Wind beneath my Wings” en “Beautiful Sunday”. Daar’s ook Afrikaanse gunstelinge soos “Gee Haar ‘n Roos”, “Ken Jy My”, “Rooi Kitaar” en “Hoeka Toeka” en ‘n nommer wat spesiaal vir haar geskryf is, “Twice as Much as Yesterday”.
