Met sy vorige vrystellings soos “Hoogtyd”, “Bitterblou” en “Jy Is Die Rede” het Fran Prins hom gevestig as een van die opwindendste nuwe stemme in Afrikaanse musiek, bekend vir sy eerlike lirieke en unieke vermoë om emosie en storievertelling saam te weef.
Nou slaan hy egter ‘n nuwe, meer energieke rigting in met “Uitspattig Pragtig” – ‘n Afrikaans country-pop treffer wat die opwinding, chaos en adrenalien van verliefdheid vasvang.
“Uitspattig Pragtig” is gemaak vir oop paaie, naweek-avonture en dansvloere waar mense hulself vir ‘n paar minute in die musiek kan verloor. Dit is ‘n lied wat die spontane kant van liefde vier – daardie oomblikke wanneer iemand jou wêreld onverwags op sy kop keer.


Die enkelsnit bring ‘n vars country-pop-aanslag na die Afrikaanse mark en beloof om een van die winter se mees aansteeklike treffers te wees.

Uitspattig pragtig - Fran Prins
Uitspattig pragtig – Fran Prins

Lewer kommentaar

Leave a Reply