Francois van Coke is bekend as die hoofsanger van die Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel.
Die afgelope tien jaar het Van Coke sewe vollengte albums en drie kortspelers vrygestel. In April vanjaar gaan hy sy debuut solo album vrystel. Hierdie maand stel hy ‘n 7” kortspeler-plaat beskikbaar maak met sy eerste solo enkelsnit en ‘n eksklusiewe snit op Kant B.
Kapenaars kan hom 20 Februarie 2015 by Die Boer in Durbanville vang met die bekendstelling.

