Freddy Mercury is nou amptelik “a shooting star leaping through the sky”.
’n Asteroïede, Asteroid 17473, is vernoem na Freddie Mercury in erkenning van sy bydrae tot musiek. Die oorlede liedjieskrywer en sanger van Queen sou vanjaar 70 gewees het.
FREDDYMERCURY, aanvanklik ontdek in 1991, is byna 3,21 km wyd en beweeg in die asteroïedegordel tussen die wentelbane van Jupiter en Mars. Dit weerkaats slegs een-derde van die lig wat daarop val, en omdat dit slegs ’n helderheid van 14 magnitude het, kan jy dit slegs sien met ’n baie kragtige teleskoop.
