Goue swane

Crocosmia masonorum

Goue swane is knolplante wat gekweek word oor hul bekoorlike, geboë, spoggerige blomtakkies met helder oranje, stervormige blomme wat aan draadagtige stingeltjies hang. Die blomme is tot 50 mm in deursnee en word in die somer gedra.

Goue swane is ideaal om skaduplekke in die tuin op te helder. As hulle eers daar groei moet hulle verkieslik nie versteur word nie, sodat hulle groot polle kan vorm.

Goue swane is inheems aan sekere dele van die Oos-Kaap.

Lewer kommentaar

Leave a Reply