Die Oostenrykse trio Frizzante skop hul Suid-Afrikaanse toer Donderdag af.
Dié ensemble is in 2009 in Wene gestig en bestaan uit Doris Linder (klavier), Marlies Gaugl (fluit) en Johannes Kubitschek (tjello). Hierdie drie is daarop uit om nuwe musiek te skep en word ook internasionaal erken as ambassadeurs van die nuwe musikale stem van Oostenryk. Vir die Suid-Afrikaanse toer sal Kubitschek vervang word met Katarzyna Bieniasz-Morrison.
Frizzante het ’n diverse repertoire wat wissel van klassieke musiek tot jazz, maar hulle grootste gawe is om jou huis toe te stuur met ’n nuwe bewondering vir klassieke musiek.
Frizzante se Suid-Afrikaanse toer:
16 April, 19h00, Die Beethoven Kamer, Rhodes-universiteit, Grahamstad, Kaartjies wissel van R50 tot R90 en is beskikbaar by die deur, leerders is gratis.
19 April, 17h00, Glenshiel Manor, Westcliff, Johannesburg, Kaartjies kos R170, Bespreek by 083 414 0041.
24 April, 19h30, Da Capo Concert Chamber, Ferndale, Randburg, Kaartjies kos R120, Bespreek by 082 458 3522.
26 April, 15h30, Munisipale Ouditorium, Hermanus, Kaartjies kos R120, Bespreek by 028 312 4988.
29 April, 19h30, DR Kerk Stellenbosch-Welgelegen, Dalsig, Stellenbosch, Kaartjies kos R80 en is beskikbaar by die deur.
3 Mei, 15h30, George Kunste-teater, George, Kaartjies wissel van R20 tot R90 en is beskikbaar by die deur.

