Herman Kleinhans stel sy nuwe enkelsnit, “Geniet die rus”, vry.
Die liedjie is ’n afskeidsbrief aan sy geliefde oom Melcus. Dood as ’n tema behoort somber te wees, maar die lirieke kry nuwe betekenis met ’n opgewekte melodie en vrolike vioolspel.
Die vervaardiger is Jurgen von Wechmar van Sunset Studios in Stellenbosch. Dit is ’n ligte luisterliedjie met geelvet om die lirieke en sal die ore van verskeie ouderdomsgroepe interesseer.
