Kom trek die kurke saam op McGregor se eerste Cap Classique fees op die 25ste Maart, die McGregor Bubbly Fees!

The Blend koffiewinkel gaan van Suid Afrika se top produseerders van Suid-Afrikaanse Cap Classique saambring vir die eerste van 3 wyn-feeste in die dorp.

Benita Gouws, eienaar van The Blend koffie winkel waar die fees gaan plaasvind, sê: “Mense kan die beste van die Langeberg streek verwag, naamlik Silverthorn wyne, Weltevrede wyne, Graham Beck, Lord’s wyne sowel as Bemind wyne, ons eie garagiste op die dorp. Daar sal ook wynplase van verder weg hulself ten toon stel, naamlik, Genevieve vanaf Botrivier, Haute Cabriere, Villiera asook Black Elephant Vintners.

Benita Gouws, eienaar van The Blend

Ons gaan ook ‘n verskeidenheid kosstalletjies beskikbaar hê op die dag, en ons gaste kan ‘n regte klein dorp kos ervaring verwag met plaaslik-gemaakde skaap -kaas, charcuterie, pates, smere sowel as gebakte brode! Ons sal ook ‘n sushi en oester stalletjie wees en heerlike Schwarma’s sowel as die welbekende sjokolades van Von Geusau.

“Hierdie gaan eerlikwaar ‘n uitstekende kans wees vir ons mense om puik Cap Classiques vanaf regoor die Wes-Kaap te probeer en vir ons gaste om tipiese klein dorp sjarme en gasvryheid te geniet terwyl hulle onder okkerneut boom sit en kuier. Ons kan nie wag om almal te verwelkom nie!”

Met heerlik skaduwee and sitplek kan jy lekker rustig raak en die strelende klanke van The Misty Cliffs trio geniet. Die Misty Cliffs is ‘n groep ervare musikante vanaf Kaapstad wat al vanaf 2020 saam musiek maak, in hulle woorde, hulle is so dik soos drie lae verf! Hulle speel regoor die land en Nick Turner (Guitar/Sang), Nick Catto (Bass/Sang) en Matt Catto (Drom/Sang) is gesoute musikante wat vir uitstekende musiek gaan sorg.

The Misty Cliffs

The Misty Cliffs se musiek is beskrywend en emosioneel, die lirieke sal jou laat dink sowel as die woorde voel. Terwyl hulle bekend is vir hulle ekspressiewe en grypende kitaar klikke, melodiese en modieuse sowel as “diep in die sak” drome, is die span ook bekend vir hulle veelsydigheid en voorliefde vir die ongewone. Geen vertonings is ooit dieselfde nie, maar een ding is verseker – jy gaan ‘n goeie tyd hê!

Die fees vind plaas vanaf 14:00-18:00 en die kaartjies is R200 per person beskikbaar by Quicket https://qkt.io/iMZW5q

As jy in ‘n groep kom en die persoon wat bestuur drink nie alkohol nie, kan hierdie persoon ‘n kaartjie koop vir R100 i.p.v. R200.

Nota: Geen kaartjies te koop aan onder 18`s.

Daar is ‘n verskeidenheid kaartjies beskikbaar, u kan kies tussen enkel fees kaartjies of u van kaartjies koop met voorafbesprekings by uitstekende restaurante op die dorp, The Fat Ladies Arms of die restaurant by Temenos, genaamd Tebaldi’s.

Die kaartjies sluit in ‘n fees glas en ‘n string proe kaartjies. The Blend is ten volle gelisensieerd so hoekom geniet julle nie ‘n bottel op die dag of pak sommer die kar vol van julle gunstelinge.

Merk 1 Julie in die kalender vir ons eerste Rooi Wyne en Soetes fees!

Bubbly Fees
Bubbly Fees

Lewer kommentaar

Leave a Reply