Geraamtes van ’n droom

Dis die lewensreis vanaf die blou berge van die Overberg, waar Christoff Beukes grootgeword het, na die strate van Johannesburg, wat die inspirasie is vir die liedjies op Geraamtes van ‘n Droom, sy debuut album.

Christoff het na skool begin kitaar speel en liedjiesskryf, maar ‘n onbeplande optrede by KKNK, 4 jaar gelede, het die wiel aan die rol gesit en kort daarna het hierdie Kapenaar Johannesburg toe getrek om ‘n musiekloopbaan te begin.

Alhoewel sy musieksmaak redelik wyd strek, is Bruce Springsteen, U2, Bob Dylan, Tom Waits en David Kramer baie defnitiewe invloede op sy skryfstyl.

“David Kramer se Jis,Jis,Jis was die eerste album wat ek besit het. Ek was te jonk om baie van die humor en sosiale komentaar te verstaan, maar die musiek en energie van sy optrede het met my gepraat. Veral “Botteltjie Blou”. Dis steeds my gunsteling afrikaanse liedjie …”

Hoewel vergelyke getrek kan word musikaal na sy invloede, is dit die mense wat oor sy pad gekom het, wat die liedjies geinspireer het.

“Dis ‘n baie persoonlike album, soms te na aan die waarheid, maar dis nie iets waaraan jy dink as jy skryf nie.”

Geraamtes van 'n droomHy sing, speel kitaar en mondfluitjie op Geraamtes van ‘n Droom,en die orkes op die album is: Michael Canfield op dromme, Angus Rose op klawers en kitaar, Burt Askes op baskitaar, Cesare Attilio Cassarino op kontrabas, Phil Holden op saksefoon en Al Coakley op kitaar,mandolien en dobro.

Die album is in Oktober 2010 vrygestel deur Aardvark Records en is in meeste groot musiekwinkels beskikbaar.

Christoff Beukes is op 15 April by die Aan de Braak Teater in Stellenbosch.
Kaartjies kos R60.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply