Kanna-benoemings vir 2011

Die Absa KKNK benoemings vir die Kanna-toekennings vir 2011 is:

div style=’float: left; MARGIN: 0px 10px 10px 0px; WIDTH: 300px; CURSOR: hand; HEIGHT: 250px’>
Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Professionele Kunstenaar:
Emmanuel Bach in Scotch on the Rocks
The Namjive-geselskap vir Padonbekend en Mense van mense
Shimmy Isaacs in Howzit my bra!

Kanna vir Beste Vroulike Kunstenaar:
Nicola Hanekom vir die teks en regie van Lot sowel as vir haar rol in Wees
Robyn Scott in London Road
Zanta Hofmeyr in Beethoven op. 18 Strykkwartet en Mozart Divertimento in E-mol k. 563

Kanna vir Beste Manlike Kunstenaar:
Ben Schoeman in die klassieke musiekuitvoering Ben Schoeman speel Franz Liszt
Christo Davids in die drama My naam is Ellen Pakkies
Stian Bam in die dramas Lot en Spyt

Kanna-benoemings vir Beste Regie:
David Geysen vir die drama Messe in Henne
Lara Bye vir die drama London Road
Nicola Hanekom for the drama Lot

Best Absa KKNK-Debuut produksie:
Die drama Lot
Die kontemporêre musiekproduksie Malaika / My engel
Die klassieke musiekproduksie Vuurvoël

Kanna vir Beste Produksie:
Die drama Lot
Die drama My naam is Ellen Pakkies
Die klassieke musiekuitvoering Tygeberg Kinderkoor – Wêreldkampioene in konsert

KKNKIngrid Winterbach gaan die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Vernuwende Denke vir haar produksie, Spyt, ontvang.

Wilna Snyman ontvang die Spesiale Kanna vir haar lewensbydrae tot die uitvoerende kunste.

Lewer kommentaar

Leave a Reply