Sedert sy dae as die gesig van Delta Blue, is Gerald Clark bekend as een van Suid-Afrika se Blues-sangers. By hierdie geleentheid tree hy op saam met ’n ander Delta Blue legende, die plaaslike kitaar maestro, Henry Steel Jr.
Clark is op ’n kort toer in SA en Steel sal ’n blaaskans neem van sy pligte as die hoofkitaarspeler van die Karen Zoid-groep om by sy ou vriend aan te sluit vir ’n eenmalige eksklusiewe vertoning by Die Boer in Durbanville.
Clark sal sy SAMA-genomineerde Afrikaanse album, Sweepslag, uithaal en natuurlik sy Blues-nommers opsoek.
4 Oktober 2023. Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of https://dieboer.com/event/ZKG/booking

