Die legendariese pianis David Helfgott, wat duisende aanhangers regoor die wêreld het, het sy finale konserttoer na Suid-Afrika bekend gemaak. Sy Farewell, South Africa!-toer, wat in September vanjaar sal plaasvind, sluit optredes in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad in.
Helfgott het ‘n huishoudelike naam geword na die Oscar-bekroonde film Shine – wat gebaseer is op sy lewe – die verbeelding van mense regoor die wêreld aangegryp het. Tydens sy loopbaan as konsertpianis het hy op die voorste internationale konsertverhoë gespeel. Hy het ook gereelde toere na Suid-Afrika onderneem en altyd voor uitverkoopte sale opgetree.
Na byna 20 jaar van uitgebreide toere het hy besluit om in die toekoms sy veeleisende toerskedule af te skaal. Helfgott is besonder lief daarvoor om vir sy Suid-Afrikaanse ondersteuners te speel en hierdie sal die laaste geleentheid wees om hierdie buitengewone kunstenaar lewendig op die verhoog te ervaar!
Kaartjiepryse: R 195 – R 315David Helfgott – Farewell, South Africa!
7 September: Pretoria, ZK Matthewssaal, Unisa, Muckleneuk Kampus
8 September: Johannesburg, Linder Ouditorium, Parktown
14 & 15 September: Kaapse Stadsaal
Besprekings by www.computicket.co.za
