Gé – Lied van my lewe

Kevin Leo se grootste projek nog is Gé – Lied van die Lewe, ‘n huldeblyk produksie wat in 2012 vrygestel is.

‘n CD met dieselfde titel is vrygestel en Kevin neem hierdie fantastiese produksie nie net landwyd nie, maar ook wêreldwyd in 2013 en 2014.

Hierdie langverwagte huldeblyk produksie van ons legendariese Gé Korsten deur Kevin Leo is die enigste produksie ondersteun deur die Korsten-familie.

Kevin onthou die opname saam met Gé Korsten in die Lied van my Lewe musiek video as een van die mees spesiale oomblikke van sy musiek loopbaan en voel geëerd om deel te wees van sy nalatenskap.

Gé – Lied van die Lewe is 17 Augustus by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R110. Bespreek by 021 979 1911 / 083 406 0111.

Kevin Leo
Kevin Leo

Lewer kommentaar

Leave a Reply