Die blues-rocker en die reisskrywer span saam vir dié vertoning. Die gehoor word meegevoer deur Johan Bakkes se stories oor sy tallose reise, terwyl Valiant Swart se beminde langpad-liedjies die vertellings aanvul.
Die informele trant en gesellige dinamika tussen die twee reisvriende laat gehore voel asof hulle saam om ’n vuurtjie sit en kuier.
Met: Valiant Swart en Johan Bakkes
90 min.
R100
Sandbaaisaal, Hermanus
Do. 8 Aug. 20:30