“My hart is vol vreugde en dankbaarheid!  Ek is dankbaar dat ek oplaas my eerste aanlyn-vertoning kon opneem by Die Boer Teater. Ek is dankbaar dat daar tegnologie bestaan wat ons kon afneem en opneem, en dat daar maniere is om dit oraloor vlerke te gee tot daar waar iemand dalk wil luister en kyk. Ek het soveel waardering en dankbaarheid vir elke mens wat ’n kaartjie koop. Ek ervaar vreugde oor die bederf om weer musiek te kon maak saam met ’n wêreldklas musikant soos Jaconell Mouton – vir lank was dit nie moontlik nie, en dit is maar net lekkerder saam met haar as sonder haar. Die vertoning bestaan uit nuwe liedjies en ook ou bekendes wat verweef is met vertellings en kosbare aanhalings.  Met my hele hart wou ek ’n vertoning bring wat bemoedigend en ’n rustige ervaring is vir elkeen wat kyk. Ek wens vir elkeen ’n wyle spandeer saam met my en Jaconell waar hulle ’n bietjie dieper asemhaal in die hier en nou.”

Lize Beekman

Die Boer by die Huis

17-22 September

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502924060

Lize Beekman en Jaconell Mouton, foto: Christelle Pretorius

Lewer kommentaar

Leave a Reply