In the Dark vind al sedert 2013 plaas by die Youngblood Kunsgalery in Kaapstad, in samewerking met Biblioteek Produksies.
Elke kwartaal vind daar ’n uitvoering plaas van die werk van ’n komponis van die 20ste of 21ste eeu. Die uitvoerings is uniek omdat daar ’n unieke verskeidenheid klanke en instrumente gebruik word. Verder word die gehoor geblinddoek (net as jy wil) en vind die uitvoering in die donker plaas. Dit bied die geleentheid om slegs op te musiek te konsentreer.
Die geld wat by hierdie konserte ingesamel word word gebruik om persone wat met katarakte sukkel te help om hul sig te herwin.
Woensdag 16 September, 20h00
Maurice Ravel
Bespreek by marie@youngblood-africa.com / 021 424 0074
Met: Vasti Knoesen, Louisa Theart, Eddie McLean & Olga Rademan
