#Aardklop In die grond van die wind

Op ’n stormagtige dag in April 1903 kom ’n skip vol Afrikaner-bittereinders, wat geweier het om onder die Britse vlag te staan, in Patagonië aan.

’n Grenslose en ongenaakbare hinterland wag op hulle. Hoe ver sal die mens gaan vir vryheid?

Dié produksie neem jouop ’n pelgrimstog van geluk en hartseer – van Suid-Afrika se konsentrasiekampe tot na Argentinië se Pampas-vlaktes.

Met: Drikus Volschenk (sang), ’n mannekoor van tien sangers, CH2 (kitare), Kobus van der Walt (baskitaar), Sergio Zampolli (trekklavier), Matthys Coetzee (tjello) en Awie van Wyk/Coenraad Rall (klavier)
Musiekregie: Awie van Wyk
Regie: Elize Cawood

* Première *

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans & Spaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 80 minute
Kaartjies: R120
Plek: Laerskool Mooirivier, Potchefstroom
Datum: 6 Okt. – 09:30, 7 Okt. – 17:00, 8 Okt. – 14:30, 9 Okt. – 20:00, 10 Okt. – 15:00

Aardklop 2015

In die grond van die wind,
Roekeloos,
8 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply