Jak de Priester en Altus Muller

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer die Kersliggies brand, maar jou laaste bietjie geduld word steeds by die werk getoets.

Dis tyd om te rus. Jak de Priester bring sy “einde van die jaar” show om jou te herinner aan die goeie en die belangrike. Dis ‘n Kersshow, maar nie met net Kersfees musiek nie. Dit ook, maar ook sy eie nuwe lied of twee wat hy oor Kersfees geskryf het. Dis ‘n show met bekende treffers, maar ook ‘n paar nuwe songs en stories wat ons sal laat lag en dink. Jak word begelei deur sy pianis Altus Muller en die vertoning beloof om jou in die regte vakansie en Kersfees luim te sit.

By die Boer teater op Sondag 13 Desember 2015 om 13:33. Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911.

Jak de Priester
Jak de Priester

Lewer kommentaar

Leave a Reply