Mary J Blige gaan die Ticketpro Dome laat weergalm met haar optrede by BET Experience Africa op 12 Desember 2015 in Johannesburg.
Blige het al meer as 50 miljoen albums verkoop sedert haar debuut in 1992, asook meer as 25 miljoen enkelsnitte en moenie die nege Grammy-toekennings vergeet nie – die mees suksesvolle vroulike R&B kunstenaar van die afgelope 25 jaar.

