Na vier jaar in die Kaap het die Kaapse musiek en klank en talentvolle musikante onder die vel ingekruip van die storieverteller en liedjieskrywer Jak de Priester. Vir baie jare werk hy alleen met klavier of soms saam met kitaar, maar dit is die ongelooflike musikante wat hy in Macassar en die Strand ontdek het, saam met wie hy ’n nuwe dimensie skep. Ons ken almal vir Jak de Priester as storieverteller en liedjieskrywer, maar saam met die Kaapse Lawaaimakers kry van sy liedjies ’n totale Kaapse klank. Roer jou voete is een van daardie liedjies wat almal laat dans, verskillende kulture en selfs al praat jy nie Afrikaans nie, maar saam met die Kaapse Lawaaimakers gaan Jak de Priester se aanhangers hom nie net sien as die diep storieverteller nie maar as ’n kunstenaar wat ook ’n vibe kan bring. Kom geniet die ander kant van Jak de Priester se musiek saam met die Kaapse Lawaaimakers.
21 en 22 November om 20h:30 by Die Boer teater in Durbanville.
Kaartjies is R220 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

