Die welbekende liedjieskrywer en digtersanger Gert Vlok Nel is vir die eerste keer in jare terug by Die Boer in Durbanville. Die skrywer van die trefferlied, “Beautiful in Beaufort-Wes” is ’n bekende naam in die plaaslike sowel as Europese musiekbedryf. Sy poëtiese musiek en unieke aanslag maak van hom ‘n legende in die Afrikaanse musiekwêreld. Saam met hom op die verhoog is Johan Smit op kontrabas en Louis Awerbuck op bekfluitjie!
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op Woensdag 27 November om 20h30. Kaartjies kos R225 en is beskikbaar by 021 979 1911 om aanlyn by ww.dieboer.com
