Pianis Rocco de Villiers bring ‘n versameling Kersfeestreffers, immergroen melodieë onafhanklik van “likes’, “shares” en “followers” om die boodskap van Kersfees oor te dra.

Die bekende deuntjies, die boom, die blinkers, – maar nie die sneeu. Opgewekte ritmes, meesleurende deuntjies en stories rondom Kersfees. Verwag vermaak uit die boonste rakke met ou bekendes soos Mary’s Boy Child, Stille Nag, Hoor die Blye Engelelied, Feliz Navidad, Somerkersfees, Little Drummer Boy en natuurlik n paar verrassings. Altyd.

Rocco de Villiers- Die Klank van Kersfees- by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 28 November om 20:30 en Sondagmiddag 1 Des om 14:00.

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Rocco de Villiers Die Klank van Kersfees
Rocco de Villiers Die Klank van Kersfees

Lewer kommentaar

Leave a Reply