As jy nog nie daar was nie: vier dae van jazz op die strand by Tietiesbaai. Jy eet, drink, slaap, swem, tan en vang vis met die klank van ’n paar uitsonderlike musikante in jou ore.
Vanjaar se internasionale besoekers is almal saksofoon-spesialiste: Jay Beckenstein, Marion Meadows en Andrew Young. Laasgenoemde was al hier en is ’n groot gunsteling onder die gehoor.
Tussen die musiek deurroer ’n paar DJ’s die draaitafels met klanke van die 70’s en 80’s.
Jazz on the Rocks 2016 is van 24 tot 26 Februarie 2016.
Die program lyk so:
Donderdag: Afrotouch; Vernon Castle; Emo Adams; Public Opinion; DJ Rory
Vrydag: Out of Town; Adelia Douw; Sax Appeal met Marion Meadows; Rudimentals; The Rockets; Uncle Cal
Saterdag: Hotbox; Blaqpearl; Allou April; Late Final; Jaco Maria; Jay Beckenstein (Spyro Gyra); Stanley Engelbrecht; Dawnay; Selwyn Bartlett
Sondag: Public Attention; Ramon Alexander; Natalie Rungan; Andrew Young; Claire Phillips; Alistair Izobell; Clarrie’s Metime
Ps. Die kampeerplek is klaar uitverkoop, maar daar is nog dag-kaartjies oor. Bly sommer oor in Paternoster, wat net ’n hanetree vêr is. Daar is ook ’n veilige hawe met aktiwiteite vir die kinders. Jy kan hulle daar inboek as hulle begin verveeld raak.
