By monde van beloof ’n nostalgiese woordreis saam met geliefde stemme uit die Afrikaanse literêre kanon.
Humoristiese vertellings en ou bekendes soos “Op Hartebeesfontein” (Pikkedel), “Met apologie” (DJ Opperman) en “Die dag op nuweland” (Jeanne Goosen) kry opnuut gestalte binne hierdie tong-in-die-kies woordkunsproduksie.
Met: Herschelle Benjamin, Elandré Bosch, Des-Lee McKenzie, Mar-li van der Merwe, Ian van der Westhuizen en Magdaleen van Zyl
Samestelling en regie: Mareli Hattingh Pretorius
Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R90 | R100 by die deur
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 4 Maart 15:00, 5 Maart 12:30, 9 Maart 17:30
By monde van,
Roekeloos,
4 Februarie 2016.