Jollie Jik Fees

Fees Tema: “Vintage tot Nou”
Dit is ‘n Afrikaanse Kuns en Kultuur Fees
Datum: 21 Maart 2013
Plek: Jim Fouché Hoërskool
Tyd: 09:00 tot laat
Kaartjies: Computicket of enige Checkers winkel asook by Feeskomitee.
Hoofkunstenaars: Sanggroep ADAM
Fees Program: Webtuiste: http://jolliejikfees.co.za
e-pos: info@jolliejikfees.co.za

KOMPETISIES:
1. Potjiekos Kompetisie aangebied deur ATKV
2. Boeresport Kompetisie aangebied deur ATKV ingesluit Bokdrol Spoeg
3. Sterkman Kompetisie
4. Mej. JollieJik Tiener [13 – 18 jaar]
5. Mnr. & Mej. JollieJikkie (3-6 jaar]
6. Honde Kompetisie – Vetste Hond, Lelikste Hond en Hond wat meeste na sy baas lyk
7. Trompoppie Kompetisie
8. Vele meer klein kompetisies

UITSTALLERS
Daar is baie groot belangstelling vir die fees en kan uitstallers wat nog nie aansoek gedoen het vir ‘n stalletjie ‘n e-pos stuur aan info@jolliejikfees.co.za en aansoekvorms aanvra of kontak Jolandi Myburgh.
Uitstalruimtes
 Arts en Craft uitstallers (buitelug)
 Klere, gesondheid en skoonheid uitstallers – Spesiale Ruimte
 Besighede uitstallers (buitelug)
 Kuns uitstallers (saal)
 Wynproe – Spesiale Ruimte
 Boek uitstallings (saal)
 Stokperdjies – vliegtuie, radar motors ens (buitelug)
 Groen stalletjies bv elektrisiteit besparing ens
 Sekuriteit en Beveiliging
 Laser Pistool Skiet
 Kinder Afdeling – Kinderspeelgoed ens.
Fees open vir Motor Expo uitstallers onder andere:
 Motor Expo – nuwe motors
 Vintage Motor Expo
 Vintage Trekker Expo
 Motor Klanksisteme, beveiling, ens.
Fees open vir Moderne Tegnologie uitstallers onder andere:
 Rekenaar en Rekenaar toerusting, WII, Ipod, Ipad ens.
 TV, en alle moderne TV toerusting en klank
 Selfone, selfoon tegnologie,
Fees open vir Kosstalletjies onder andere:
 Voedsel
 Koeldranke
 Koffie/hot chocolate/cappuccino
 Roomys/slush puppy
 Doughnuts/wafels
 Tee Tuin
Fees open vir Kindervermaak onder andere:
 Springkastele en waterwurms
 Karretjies
 Gesig verwers
 Ballon vouer

Doen betyds aansoek vir uitstalruimte.

FEES BEGUNSTIGDES:
– Athalia Uitreik – Bejaarde en Gestremde Versorging
– Ayden Potgieter – 5 Jarige benodig dringend fondse vir Mediese Versorging
– El Phizo – Versorg weggooi baba’s.
Kom geniet ’n dag vol gepak met pret en plesier vir die hele gesin by die “Arts & Craft” fees. Kleuter vermaak tot bejaarde se smaak.
Die publiek word genooi om ‘n stukkie outydse nostalgie gemeng met heendaagse vermaak te kom beleef. Kom beleef boeresport gereel deur ATKV-Bloemfontein, skryf ‘n span in en word eienaars van die ATKV Wisseltrofee, Volkspele, outydse motors en trekkers asook Potjiekos Kompetiesie tot die hedendaagse moderne Mej. Jolliejik Tiener, Mnr. & Mej. Jolliejikkie, modevertonings, sterkman kompetisie en liggaamsbou kompetisie.
Musiek vermaak deur Kunstenaars: ADAM : Riëtte van der Watt : Zac Steyn : Francois Jacobs en ander. Kulkunstenaar: Giepie : Dazzling Dance Studio se dansers.
Vir die wyn liefhebber is daar wynuitstallings, wynproe en wynveiling, vir die kunsliefhebber kunswerke deur verskillende kunstenaars, “Art & Craft” stalletjies. Boekeliefhebbers, boeke uitstallings en bekendstellings. Kom kuier saam met Lynette Beer en Jana du Plessis by hul nuuste boeke en CD vrystellings.
Vir die jongeheer is daar meer oor iPad, iPod, Wii en wat meer. Tuinbou, Potjie brou vir manlief en vrou vorm ook deel van die fees.

ORGANISEERDERS:
Jolandi Myburgh Sel 082 773 9858
– Hoof Fees Organiseerder
– Wynuitstalling en Veiling & Fees Uitstallers
– Vermaak
[Bespreek betyds u stalletjie met die groot belangstelling in fees word uitstalruimte min]
Riette van der Watt Sel 082 556 9106
– Sang& Vermaak Kunstenaars
Lianda Hurter Sel 084 410 2396
– Mej. JollieJik Tiener (ouderdom 14 tot 18)
– Mnr. JollieJikkie en Mej. JollieJikkie (3-5 jaar)
– Modevertonings
Die inskrywingsvorm is binnekort op die JollieJik Webtuiste beskikbaar asook by organiseerders. Inskrywingsgeld: R50-00.
Elsa Vermeulen Sel 083 391 8328
– Fees Fotograaf – Kom lê jou fees ervaring vas op ‘n foto.
Ans Coetzee Sel 082 467 6471
– “Art” Kunstenaars & Boeke Uitstalling & Bekendstellings
– Mede-Orgniseerder Vermaak – Boeresport
– [Kuns Uitstallings word in Skool Saal gehou waar kunsliefhebbers hul kan uitleef – bekende kunstenaars se kunswerke word uitgestal saam met die boeke uitstalling.]
Computicket: Kaartjie Pryse:
– Kinders (0 – 5) – Gratis
– Kinders (6 tot 12) – R30
– Volwassenes- R70
– Groepe 10-19- R60 per kaartjie
– Groepe 20+ – R50 per kaartjie
– Gesinspakket x R 160-00 (2 Vol + 2 Kinders)

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. i like ur event and want a stall.can u send me a stall application.thanx

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar