(A Christmas Carol deur Charles Dickens)
Ebenezer Pennieknyper, ’n suinige en onbarmhartige ou sakeman, word een Kersgety besoek deur die spook van sy oorlede vennoot, Sarel Stuiwevuis.
Hy word gewaarsku dat hy dringende veranderinge in sy lewe moet aanbring, anders sal hy verdoem word tot ’n ewigheid van pyn, smart en berou. Die gees van Stuiwevuis voorspel drie verdere, vreesaanjaende besoeke van ander geeste, en Pennieknyper bevind hom in ’n warrelwind van bonatuurlike visioene wat hom vir die res van sy lewe sal bybly.
Pennieknyper is vir die eerste keer opgevoer tydens die Klein Libertas Teater se vyftigjaar viering en is hierdie jaar terug op publieke aandrang.
Hierdie klasieke stuk het nie net ‘n wonderlike kersboodskap nie, maar is gesinsvermaak op sy beste!
Vertaling: Aart de Villiers en Don Lamprecht
Met: Waldemar Schultz, Johann Nel, Wilhelm van der Walt, Carel Nel, Wessel Pretorius, Roeline Daneel, Ira Blanckenberg, Christine Truter, Stephanie Badenhorst, Johan Fourie en nog vele meer.
Regie: Waldemar Schultz en Juanita Swanepoel
Klein Libertas Teater
Datum: 5 – 8 Desember 2012
Tyd: 20h15
Kaartjies: R70 (Vol), R50 (Pensionaris en Studente), R35 (Kinders onder 12)
Besprekings: 021 883 8164 of info@kleinlibertasteater.co.za
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes [by] roekeloos.co.za)