Jak de Priester bring ’n nuwe vertoning na teaters in 2021 getiteld Kaalvoet Mona Lisa. Die sanger het 14 liedjies uit sy pen met temas van hoop, liefde, inperking en ook die komiese kyk na hoe die wêreld oornag verander het in 2021.

Die gehoor kan uitsien na nuwe liedjies met titels soos “Sterre bots”, “Eerste liefde”, “My broer se bril” en “21 Dae”. Dit is ‘n volronde konsert met diep stories, snaakse stories, splinternuwe liedjies – ‘n emosionele reis deur die lewe. In hierdie vertoning is Jak alleen op die verhoog agter die klavier.

By Die Boer restaurant-teater in Durbanville op 15 en 16 September 2021.

Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Jak de Priester

Lewer kommentaar

Leave a Reply