Selfs Marion Holm kon na ’n jaar en ’n half weinig rondom haar sien om oor te lag.  Toe besluit sy om in die verlede te gaan krap en daar lag-goed te gaan soek.  Want die hemele weet, lag moet ons nou lag.  So het dit gekom dat sy stories van lank terug gebruik en op ’n nuwe manier inspan in die vertoning Holmruggery om ons verligting te bring in ’n tyd wat dit voel die ellende verswelg ons.  Maar dit sal nie!  Want ons het die heel beste teenvoeter:  lag.

Hierdie vertoning het werklik niks anders ten doel as om jou net te laat ontspan en lag nie.  Niks lewenslessies of diepsinnige denke nie.

17 & 18 September 2021 by Die Boer in Durbanville.  Kaartjies is R150 kan kan gekoop word op Die Boer  se webwerf by www.dieboer.com of skakel 021 979 1911.

Marion Holm

Lewer kommentaar

Leave a Reply