Kaleidoskoop

Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer … ’n broodnodige boodskap van hoop.

Met kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan. Soos die suggestie in hulle naam weerspieël, laat Kaleidoskoop jou deur hul Afrikaanse musiek anders na die kleure van liefde, menswees en die lewe kyk … kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop by die Ou Meulteater, Paarl, hierdie Vrydag 24 Junie.

Voorprogram deur Hilandi du Toit.

Bespreek by 083 564 00 56 / vstemmet@gmail.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply