Jak de Priester plaas die jaar, die lewe en die land in perspektief met sy liedjies en stories in Kersfees vir Blikkiesdorp.

 Dis nie net ‘n  konsert met nuwe liedjies en ou bekende treffers aan die einde van nóg ‘n jaar nie – maar bring ook weereens ‘n bietjie sonskyn na die “uitverkose” liefdadigheidsorganisasies in onderskeidelik die Kaap en Gauteng. Einde 2018 is talle blikkies en sakke honde- en katkos ingesamel vir Lucky Lucy Foundation – ‘n dieresorg-projek vir weggooi diere. Die verligting wat die publiek se bydrae gemaak het het verwagtinge oortref en was van onskatbare waarde. ‘n Deel van die kaartjie se prys sal na die Lucky Lucy Foundation gaan en daar sal soos in 2018 ‘n Kersboom in die voorportaal wees om al die troeteldier-geskenke te plaas.

Kersfees vir Blikkiesdorp  is by Die Boer in Durbanville vanaf 25 tot 28 November 2019. Kaartjies kos R165 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Lewer kommentaar

Leave a Reply