Julanie J doen dit weer!  ‘n Splinternuwe enkelsnit, “Klein Bietjie Liefde” is hier.  Julanie J is geen onbekende in die Afrikaanse Musiek wêreld nie.  Met haar treffer “Arm” wat 20 weke boaan Jakaranda FM se CTM Chart was, het Julanie vir haar ‘n plekkie in die industrie oopgesing.

Daarna het vele treffers gevolg soos, “Beheer”, “Dalk is Ek”, “Weer Kies”, “Die girls gaan groot vanaand”, en vele ander.  Haar eerste Afrikaanse album Mooi het in 2020 vele aanhangers gewerf vir hierdie inspirerende jong kunstenaar met die besonderse stem. Haar onlangse enkelsnit  “Die girls gaan groot vanaand” het haar groot sukses behaal en is na maande steeds op almal se lippe.

Bekend vir haar poëtiese lirieke, is ons nie verbaas dat “Klein bietjie liefde”  reeds harte roer nie.  Sy sing sy gee alles of niks.  Sy weet nie hoe om “’n klein bietjie liefde te doen nie”. Die lirieke sê so mooi …”Soek jy ‘n klein bietjie liefde, vergeet dan van my”.

Vertel Julanie:  “Die lewe en sy seer kan mens soms hard maak. Dis belangrik dat jy jouself onthou en nie vergeet wie jy waarlik is nie. Ons is almal kompleks, en ek dalk meer as die gewone. Ek los die openlik kwesbaar wees, vir my musiek, As ek jou nie vertrou, vat dit baie voor ek oopmaak, Maar indien ek jou inlaat, deel ek die dieptes van myself. Dan is ek rou en eerlik, ek lief met my hele menswees en is tien-teen-een veels  te deursigtig. Maar dit is wie Ek is. “Klein Bietjie Liefde” is my boodskap aan ń toekomstige lewens-maat, vriende en op ń manier, myself.  Ek is okay daarmee dat almal nie van “Klein Bietjie Liefde” gaan hou nie, maar vir die wat wel die mooi en diepte in sy eenvoud raaksien                                                     … Ek hoop die liedjie praat met jou en bring vir jou dit wat jy nodig het”.

Julanie J
Julanie J

Lewer kommentaar

Leave a Reply