Is julle gereed om ‘n ander kant van Koos Kombuis te leer ken?
Op 20 Julie 2023 keer Koos terug na die Drostdy Teater in Stellenbosch vir n konsert met n verskil. Koos wil graag hierdie intieme geleentheid gebruik om meer te vertel van die agtergrond van die liedjies wat hy sing, ook die liedjies van sy nuwe album, Nag van die Honde.
Maak julleself gereed vir n gesellige wintersaand in die geselskap van n baanbreker van Afrikaanse musiek!
ʼn Heerlike Wintergereg met ʼn glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.
Kaartjies: R300, by Computicket
Donderdag, 20 Julie
Ete 18:00 | Konsert 20:15
