Gaan Koos Kombuis ooit weer ‘n album maak? Dit is vir julle om te besluit …

‘n Nuwe album is dalk nog ver weg, maar Koos Kombuis dink dit is nou al tyd om ‘n paar nuwe idee’s uit te probeer voor ‘n lewendige gehoor. Daarom keer hy terug na Die Boer om te kyk wat gebeur!

Dis darem nog dieselfde blou skoene. En dieselfde bottel rooi wyn. En natuurlik, tussen die nuwe liedjies deur, ook talle ou songs wat deur die jare Kombuis classics geword het …

Kom sluit gerus by ons aan op Goeie Vrydag 19 April om 20:30 vir ‘n aand van ou en nuwe Afrikaanse musiek!  Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar