Drie onverwagse musiekgroepe kom bymekaar om Ingrid Jonker se liefdesgedigte te verwerk en opnuut weer te gee.
Hierdie gedigte word verweef met dramatiese en musikale vertolkings van André P Brink en Ingrid Jonker se liefdesbriewe aan mekaar in die 60iger jare. ‘n Hartroerende en intieme weergee van verlange, verbodenheid, vernietiging en die vreeslose verrukking van die liefde.
Die produksie toer tans landwyd, na die vrystelling van die CD onlangs.
Hier is ‘n paar datums:
15 & 16 Maart – Musiekskuur @ Parkview Barnyard, Menlyn, Pretoria
18h30 vir 20h00
Parkview Centre, h/v Garsfonteinweg & Netcarestraat, Moreleta Park
R130
012 368 1555 / www.barnyardtheatres.co.za
17 Maart – Ruby’s Restaurant, Parys
18h00 vir 20h00
2 Van Collerstraat, Parys by Egweni
R150
056 811 5080
18 Maart – Barnyard Vereeniging
18h00 vir 20h00
72 Genl. Hertzoglaan, Peacehaven, Vereeniging
R120
www.barnyardvereeniging.co.za / (016) 454 8388
24 Maart, Miss Ruby’s @ Die Schuur, Drostdy Museum, Swellendam
19h00 vir 19h30
Swellengrebelstraat
R130
082 448 8166
Met Luna Paige, Nick Turner & Jamie Jupiter.

