Lately when she cries

Jesse Jordan het sy CD Lately when she cries onlangs in Kaapstad geloods. Die BBP’s is getrakteer op kos en drankies in een van Kaapstad se gewildste optreeplekke vir musikante, The Jam. Drie van Jesse se video’s is vertoon. Soos te wagte het twee van hulle maar redelik tuisgemaak gelyk, maar die derde sal darem kan gesig wys op op tv-kanale.

Na afloop van die beeldmateriaal het Jesse self aan die beurt gekom. Sy musiek is nie uniek nie, maar soos iemand agter my opgelet het: “Die kortgat kan gatskop!”.

Dis nie moeilik om te glo dat Jesse se eerste druk van Lately when she cries blykbaar reeds uitverkoop is nie. Te oordeel aan die reaksie van die groot klomp jongmense wat teenwoordig was kan Jordan dit nog ver bring. Die musiek is opruiend en voor jy jou kom kry tik jy jou vingers op maat.

Bespreek vir jou ‘n plek as Jesse Jordan weer iewers naby jou optree en vertel mense volgende jaar jy weet al lankal van die nuwe ou wat opslae maak.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply