Besoekers aan vanjaar se Gariepfees gaan die geleentheid kry om die weergalose Laurika Rauch op die verhoog te sien saam met die mooi meisies van La Diva.
Saam met haar tree die groep La Diva op. Laurika het die eerste keer verlede jaar saam met hoofsanger en liedjieskrywer Nelmarie Naudé, pianis en liedjieskrywer Karmi Marais en Marlé Jacobsz (op tromme en perkussie en agtergrond sang) gewerk toe sy hulle gekies het as een van die nuwe kunstenaars vir die Centurionteaterproduksie Laurika en Nuwe Vriende. La Diva is een van die mees opwindende nuwe musiekgroepe in ons musieklandskap. Hulle maak oorspronklike musiek, wat ‘n gesofistikeerde mengsel van volwasse kontemporêre popmusiek en ‘n dosis
jazz is.
NG Kerk Bakenskop: 5 Sept om 21:00 (SG) R120
Gariepfees 2009 / Gariep Kunstefees 2009
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
