Navorsers by die Tohuku Universiteit en Toyota in Japan het bekend gemaak dat hulle baie goeie vordering maak met die ontwikkeling van nuwe batterye vir elektriese motors. Volgens die navorsers sal ons oor 10 jaar nuwe batterye hê wat elketriese motors in staat sal stel om tien keer verder te ry op een lading as wat tans moontlik is.
