Klaviermusiek gaan weer blom by Die Boer teater- restaurant in Durbanville op Sondag 29 Aug om 14:00 (deure open 11:30) met Lenteklavier

Pianis Rocco de Villiers vier die lente. Met nuwe musiek, nuwe reeks sokkies, ou bekendes, nostalgie en ’n tikkie sentiment. Hy speel en gesels oor groei, nuwe idees. Hy sluit 3 nuwe stukke musiek in, een oor sy geliefde Meiringspoort, een oor sy onlangse handbesering en vir die eerste keer ’n kinderliedjie.

Kom na die konsert, dan iets eet, dan inkopies en dan die familie.

Kinders en mans welkom.

Rocco cd’s, bladmusiek, sokkies, ROCCOROCCO vertoonbakke beskikbaar in die foyer.

Kaartjies kos R230 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply