Hy het oor drie dekades sy eie Afrikaanse musiekstyl ontwikkel wat strek van plattelandse ritmes, tot selfs jazz en rock invloede.
Leslie Javan, oftewel ‘Les Javan’, soos baie hom ken, tree vir die eerste keer by Die Boer teater in Durbanville op. Les se liedjies is meer bekend as hyself, omdat hy baie selde optree en hierdie optrede met sy groep is die eerste een in ses jaar.
Les werk voltyds as komponis vir verhoogstukke, TV-programme en films.
15 Desember 2023 by Die Boer. Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by https://dieboer.com/event/x17/booking

