Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Chocolate Starfish and the Hot Dog Flavored Water Well is ‘n bekvol, maar die titel is geen aanduiding van hoe leeg Limp Bizkit se nuwe stuk werk is nie. Die album is vol blinde woede, woede wat die groep ongelukkig sukkel om doeltreffend te verwoord. Selfs Jors Troelie sal bloos, indien hy hoor hoe gereeld hulle F woord gebruik word. Aan die ander kant is die musiek uit die boonste rakke met kitaarspel wat jou hoendervleis kan gee. Aanhangers van die band wys jou gou daarop dat die woorde nie te ernstig opgeneem moet word nie, maar soos Koos Kombuis sê “woorde is alles, die musiek is fôkkol”. So indien jy na musiek luister en soms ‘n boek lees dan kan jy met ‘n geruste hart eerder jou geld op iets anders spandeer.
4 op ‘n skaal van 10.
