Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Etenstyd is ‘n vertaling van Steven Berkoff se Lunch deur Adriaan Meyer.
‘n Terloopse ontmoeting tussen ‘n man en ‘n vrou ontsluit hul innerlike demone wat lei tot ‘n gevaarlike sielkundige spel. Die man het niks meer om te verkoop behalwe die leegte binne hom. Die vrou wil meer hê as haar sagte huisvrou kokon. Albei probeer hul eie verstrengelende omstandighede ontsnap in ‘n prikkelende, sensuele konfrontasie, maar is ‘n mens ooit werklik tevrede met wat jy het?
Die aksie is vinnig en die styl fisiek, sensueel en polsend soos die teks, met visuele beelde en oudiovisuele materiaal wat die aksie ondersteun.
Berkoff is wêreldbekend vir sy snydende, satiriese aanslag en sy soms kru en growwe gespot met heilige koeie en sosiale kalwers. Adriaan Meyer het op KKNK 2004 ‘n Kanna toekenning gewen vir sy teks, Prinsloo Versus. Met Etenstyd word die tekstuele vernuf van ‘n ervare skrywer vermeng met die Afrikaanse woordspel en taalvernuf van ‘n jong Turk.
In die rol van die vrou is Stephanie Hough, onlangs te siene in Hangkas Haas. Floyed de Vaal, wat in 1975 te siene was speel die rol van die man. Die regie word behartig deur Gaerin Hauptfleisch.