Al Debbo by Woordfees

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Dis lekker om te lewe – selfs op 80!

Die Afrikaanse Taalmuseum kuier vanjaar vir die eerste keer op die Woordfees.

Een van die opwindende persone wat ons na die fees bring, is die baie bekende Afrikaanse rolprentster en grapmaker, Al Debbo.

Op tagtig sien hy steeds kans om te kom vertel van sy skreeusnaakse manewales op die verhoog – en iets daarvan te laat sien!

Dié oupagrootjie van Afrikaanse komedie kom sing sy treffers Hasie en Sonbrilletjies en gesels oor sy 65 jaar in die vermaaklikheidsbedryf waarin hy 15 rolprente gemaak het.

Dit was die dae toe daar nog nie draaiboeke of waaghalse was nie en hy sommer alles self moes doen – van snaakse goeters opmaak tot uit geboue spring en agter leeus en olifante aanloop.

Ná sy optrede op die Filmfees volg ‘n vertoning van die swart-en-witrolprent, Dis lekker om te lewe, uit 1957. Dit handel oor twee onskuldige kêrels (Debbo en Frederik Burgers) wat hulle op ‘n dag in die middel van leërmaneuvers bevind. By gebrek aan beter geleenthede, sluit hulle by die leër aan.

Moenie hierdie ervaring op Donderdag 10 Maart om 16:15 in die Wilcocks-saal 201 (Ryneveldstr, Stellenbosch) misloop nie!

Die vertoning kos R30 en duur sowat 100 minute. Blokbesprekings van 20 kaartjies of meer kry 10% afslag.

Besprekings kan gedoen word by 021 808 2859 en 808 2160 (Ma. – Vr. 9:00 tot 17:00). Kaartjies is direk te koop by die Kaartjiekantoor, Kamer 682, sesde Vloer, Lettere A-gebou, h/v Merrimanlaan & van Ryneveldstraat, Stellenbosch.

Aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum

bydrae: Isabeau Botha

Lewer kommentaar

Leave a Reply