Lize Beekman by die Boer

Lize Beekman se musiek en liriek het die afgelope paar jaar vlerke gekry en tuiste gevind in die harte van menige musiekliefhebbers. “’n Sonneblom uit Bethlehem”, “Suidland Gebed” en “Ek het ‘n Boer Sien Dans” is almal liedjies uit die pen van hierdie begaafde liedjieskrywer.

Haar vertoning by Die Boer in Durbanville (22 – 24 April) sal treffers van vorige albums insluit, ook hoogtepunte van haar jongste CD Sit ‘n Bietjie Langs My, en die gehoor kan ook regskuif om enkele nuwe liedjies uit haar pen te hoor!

Lize begelei haarself op kitaar en word bygestaan deur Juan Oosthuizen (kitaar en agtergrondsang). Beekman en Oosthuizen is ‘n gesoute kombinasie, en jarelange samewerking is merkbaar in die hoë standaard van musikaliteit en aanvoeling.

Lewer kommentaar

Leave a Reply