Lou Reed, Amerikaanse musieklegende met ‘n loopbaan wat oor vyf dekades gestrek het, is gister oorlede in die ouderdom van 71.
Reed was die stigter en kitaarspeler van The Velvet Underground in die laat 1960’s. Hy word ook beskou as een van die vaders van punk, en alternatiewe rock.
Sy dood is blykbaar verwant aan ‘n leweroorplanting wat hy in Mei vanjaar ondergaan het.
Hy word oorleef deur sy vrou Laurie Anderson, self ‘n musikant en kunstenaar.
