Louis Armstrong (1901-1971) het in die vroeë twintigerjare ’n nuwe weg gebaan deur Amerikaanse musiek. Dit was die geïmproviseerde jazz van sy arm New Orleans-kinderjare wat van hom ’n virtuoos gemaak het.

Met sy onmiskenbare rasperstem, fenomenale longkrag en eiesoortige swier het hy jazz na nuwe hoogtes gevoer. Die digter Langston Hughes noem dat Louis Armstrong al is wat jy hoef te weet van orkestrale jazz in Amerika.

Mede-musikante het hom ‘Satchel Mouth’ genoem – later verkort tot ‘Satchmo’ – vanweë sy groot grynslag, waarmee hy gehore bekoor het.

In die dertigerjare ontdek Armstrong die trompette gemaak deur Henri Selmer (1858-1941) in Parys. Van daai dag af sou Satchmo hoofsaaklik met Selmer-trompette speel. In 1933 het Selmer die “gebalanseerde aksie” trompet ontwikkel – daar is later na hulle verwys as die Armstrong-trompette.

Louis Armstrong het ’n trompet net vyf jaar gebruik en dit dan weggegee. Hierdie ou Armstrong-trompette kan vandag tot R1,3 miljoen op ’n veiling haal.

Lewer kommentaar

Leave a Reply