Twee meisie-veldmuise sit elkeen met ’n pakkie kaaskrulle en praat oor hul kêrels.

Die een meisiemuis haal ’n foto van haar muiskêrel uit en wys dit vir haar vriendin.
Dis ’n pragtige seunmuis met donker strepe oor sy breë skouers.

vlermuis“Sjoe, maar hy’s nogal handsome!” sê die vriendin.
“Maar laat ek jou wys hoe my kêrel lyk,” sê sy terwyl sy ’n foto uit
haar handsakkie haal.

“My goeiste, maar dis dan ’n vlermuis!” sê die ander vriendin verbaas.

Geskok gryp sy die foto terug, kyk daarna en roep uit: “Die blikskottel! En hy vertel my al die tyd hy’s ’n pilot!”

(oorspronklik verskyn 6 Januarie 2011)

Lewer kommentaar

Leave a Reply