Edmund Ironside (Edmund II) was kortstondig koning van Engeland van 23 April tot 30 November 1016. Hy was die seun van Æthelred the Unready*.

Ten tyde van sy koningskap was Edmund verwikkel in ’n stryd met die Dene om beheer van Engeland. Hy is in Oktober 1016 daardie jaar verslaan. In die daaropvolgende vredesamesprekings is besluit om die land in twee te verdeel met Edmund as heerser van een deel.

Edmund se laaste besoek aan die toilet was in Londen op 30 November 1016. Volgens meer as een bron het hy op die toilet beswyk aan verskeie steekwonde. Volgens een bron het die sluipmoordenaar in die toilet geskuil.

Nou weet ons ook waar George RR Martin daardie idee gekry het vir Game of Thrones.

Edmund Ironside

*Oorspronklik Unræd, wat niks te doen het met die moderne “unready” nie. “Unræd” beteken “oningelig”. Dit was ’n woordspeling met sy naam Æthelred, wat “goed ingelig” beteken.

Lewer kommentaar

Leave a Reply